2020 deel 2. Hoe dikwels is dít nie die antwoord as jy deesdae vra hoe dit gaan nie!
Soos ’n fliek waarvan die intriges bekend is, die spelers ook, en ons angstig wag vir die storie om verder te ontvou. Een toneel ná die ander.
Hoe die storielyn ontknoop en hoe dit lewens, óns lewens, verder gaan raak. Want met dié movie is ons nie net kykers nie, maar ook spelers.