Zetske en Altus reis deur Slowenië

akkreditasie
Zetske van Pletzen en Altus Theart vier hul 8ste huweliksherdenking met ’n Europese toer. Die sterre van Getroud met rugby gaan Boedapest, Istanboel en Slowenië besoek. Volg hul reis hier op SARIE.com.

ZETSKE SE REISDAGBOEK: SLOWENIË

Vanaf Boedapest het ons met ’n bus gery na die hoofstad van Slowenië, Ljoebljana (uitgespreek loe-bla-na). 

Slowenië is ’n baie klein land – min of meer die helfte van Nederland en net ’n klein bietjie groter as die Krugerwildtuin. Dit lê tussen Oostenryk, Italië, Hongarye en Kroasië.

Met so ’n ligging kán dit nie anders as om beeldskoon te wees nie. Slowenië is ook die enigste land wat in die Engelse vertaling, Slovenia, LOVE in sy naam het. 

Ons het in Ljoebljana gebly en met ons huurkar daguitstappies onderneem. 

Ons eerste uitstappie was na die Bled-omgewing. Ons het vroeg weggespring en die dag afgeskop by die onbeskryflik mooi Vintgar-kloof. Daar is ’n 1,5 km lange staproete op ’n houtpaadjie deur die kloof. Dit is soos ’n feetjiewêreld en die water ’n helder turkoois. 

Vintgar-kloof
Altus Theart en Zetske van Pletzen by Vintgar-kloof FOTO Verskaf
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof
Vintgar-kloof

Van hier is ons na die gewilde Bled-meer, bekend vir die piepklein eiland in die middel van die meer. Op Bled-eiland is ’n klein kerkie met 99 trappies wat van onder tot bo by die ingang lei. Daar is verskeie roeibootjies en kano’s wat jy kan huur om na die eiland te gaan.

Bled-eiland
Bled-eiland
Bled-eiland
Bled-eiland

Om ’n beter uitsig te kry het ons besluit om na een van die berg Mala Osojnika se uitkykpunte te klim. Die steil stappie deur ’n pragtige woud het so 45 minute gevat tot bo. 

Dis 'n steil stappie na Mala Osojnika se uitkykpun
Dis 'n steil stappie na Mala Osojnika se uitkykpunt
Dis 'n steil stappie na Mala Osojnika se uitkykpun
Dis 'n steil stappie na Mala Osojnika se uitkykpunt

Die Bled-kasteel, in 1011 bo-op ’n rotsagtige berg gebou, is een van die oudstes in Slowenië. 

Bled-eiland
Bled-kasteel

Ons het die beroemde Bled-roomkoek geëet. Dit was heerlik en het ons ’n bietjie aan melktert laat dink. 

Zetske en Altus zipline by Bled
Zetske en Altus zipline by Bled

Ná Bled is ons na nóg ’n pragtige meer, so 40 minute verder, genaamd die Bohinj (bo-ghien). 

Beide Bled en Bohinj is ysmere, daarom het dit ongelooflik helder water. Mens kan op die meeste plekke tot op die bodem sien!

Die Bohinj-meer
Die Bohinj-meer
Die Bohinj-meer
Die Bohinj-meer

By die Bohinj-meer het ons ’n kano gehuur en die rustigheid van die omgewing ingeneem. Bohinj is baie stiller en minder kommersieel as Bled en asemrowend mooi met berge reg rondom. 

Op dag 2 is ons na die dorp Bovec (bo-wets) om op die Soca-rivier (so-tsja) te roei. Ons het die mooi roete met die Vršic-pas deur die Alpe gekies.

Die Soca-rivier loop deur verskeie klein dorpies
Uitsig van die Soca-rivier
Uitsig van die Soca-rivier

Vanaf die pas kan jy na die oorsprong van die Soca-rivier klim. Dit is ’n uitdagende klimtog om daar uit te kom en as jy hoogtevrees het, is dit dalk nie vir jou nie.

Vanaf die Vršic-pas kan mens klim na die oorsprong van die Soca-rivier
Ons klim na die oorsprong van die Soca-rivier
Ons klim na die oorsprong van die Soca-rivier
Ons klim na die oorsprong van die Soca-rivier
Ons klim na die oorsprong van die Soca-rivier

Ons het die paadjie langs die stroom water gevolg tot ons by ’n rotsskeur gekom het en daar sien ons toe die helderste poel water! Ongelooflik dat ’n hele rivier ontstaan uit een bergpoel. 

Soca
Die oorsprong van die Soca-rivier

Ek en Altus het al voorheen river rafting gedoen en hoewel hierdie glad nie so rof was soos ander riviere nie, was dit beslis die mooiste! Die berge, met die mis en die helder water van die yskoue Soca, was sprokiesagtig. Altus was dapper genoeg om te swem, maar ek het dit net halflyf ingewaag. 

Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier
Die Soca-rivier

Op ons laaste dag in Slowenië het ons die oggend fietsgery deur die stadskern van Ljoebljana, waar slegs voetgangers en fietsryers toegelaat word. Ná ’n lekker ontbyt het ons kus toe gemik. Daar is ’n paar klein dorpies langs die 45 km lange kuslyn van Slowenië (tussen Italië en Kroasië).

Slegs voetgangers en fietse word in Ljoebljana se stadskern toegelaat
Slegs voetgangers en fietse word in Ljoebljana se
Slegs voetgangers en fietse word in Ljoebljana se stadskern toegelaat
Die Draak-brug of 'Dragon Bridge' in Ljoebljana
Die Draak-brug of 'Dragon Bridge' in Ljoebljana

Op pad na die kusdorpie Piran het ons gestop by die ongelooflike Predjama-kasteel. Die kasteel is gedurende die 12de eeu in ’n grot gebou. 

Predjama-kasteel
Predjama-kasteel

Ek het op Pinterest ’n baie mooi foto gesien van ’n plek met die naam Moon Bay en ons het besluit ons moet daar in die see gaan swem. Min het ons geweet dat mens nie tot daar kan ry nie, maar dit slegs met ’n voetpaadjie kan bereik. Uiteindelik het ons dit gevind en die swem was baie verfrissend!

'Moon Bay'
'Moon Bay'
'Moon Bay'
'Moon Bay'

Dis heeltemal anders as die see-swem waaraan ons gewoond is, eerstens omdat daar nie sand is nie, maar klippe (en onder die water is die klippe baie glad), en tweedens omdat daar nie branders is nie. Dit voel amper meer asof jy in ’n dam swem!

Piran is ’n pragtige dorpie met helderkleurige geboue en die sonsondergang vanaf die klein promenade was pragtig.

Sonsondergang vanaf Piran se promenade
Sonsondergang vanaf Piran se promenade
Sonsondergang vanaf Piran se promenade
Sonsondergang vanaf Piran se promenade

Hou SARIE.com dop vir Zetske en Altus se besoek aan Istanboel. 

Zetske en Altus reis met Sky Arch Travel. Besoek hul webtuiste hiér. 

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees