Deel

Het jy al vir tannie Maria ontmoet?

akkreditasie
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

As jy eers een van Sally Andrew se Tannie Maria-boeke gelees het, wil jy almal lees.

Die nimlike hoofkarakter, Tannie Maria van Harten, is ’n troostante by die Klein Karoo Gazette. Haar raad aan lesers wat sukkel met sake van die hart bestaan gewoonlik uit die een of ander resep van ’n gereg wat hulle vir hul geliefde moet berei. Natuurlik hou Maria haar nie net met hartsake besig nie, sy raak ook gedurig betrokke by kollega Jessie Martin se stories wat moordsake volg. Dit is vir Maria se vryer, speurder Henk Kannemeyer, ’n doring in die vlees, want hoe kan hy haar beskerm as sy haarself in die pad van gevaar stel? In die derde boek, Death on the Limpopo (Umuzi, R260), is daar ’n nuwe rolspeler in die vorm van die indrukwekkende joernalis Zabanguni Kani. Sy is bekend vir haar ondersoekende joernalistiek en die manier waarop sy politieke korrupsie aan die kaak stel. Sy kom krap sake by die Gazette lekker deurmekaar wanneer sy kastig die koerantjie moet help regruk om in die moderne era te oorleef. Maar waarom is sy werklik daar? En wie bedreig haar lewe? Sy trek by Tannie Maria in, maar dit beteken dat almal in die huis ook ’n bedreiging vir die aanvaller inhou. Om agter die kap van die byl te kom en die politieke leidrade op te volg vertrek Zaba en Maria op ’n reis na Limpopo. Daar vind hulle baie meer as wat hulle verwag het! Die storie mesmeraais jou tot op die laaste bladsy. ’n Groot bonus is die resepte wat aan die einde van die verhaal gegee word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees