Iets vir elke leser in Siya Kolisi se lewensverhaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Siya Kolisi en sy vrou, Rachel. FOTO That Cape Town Kid
Siya Kolisi en sy vrou, Rachel. FOTO That Cape Town Kid
Siya Kolisi se boek bied vir elke soort leser iets. Vir rugbyliefhebbers is daar meer oor sy loopbaan op en van die rugbyveld af. Maar hy kleur sy verhaal ook in met persoonlike vertellings oor wie hy as mens is. Daar is vleis om die been in sy boek.

Hy vertel vir die eerste keer self sy lewensverhaal in “Rise”, (saam met Boris Starling, NB Uitgewers, R320).

 inspirasie, woorde

Was daar al ooit ’n Springbokkaptein wat die Suid-Afrikaanse volkslied met soveel oorgawe soos Siya Kolisi gesing het? Ja, ek weet die oud-Bok Toks van der Linde het al voor ’n toets die volkslied op teatrale wyse – amper soos ’n amateur-Pavaroti – oor die mikrofoon gesing. Maar Kolisi . . . hy knyp sy oë styf toe, gooi sy kop agteroor en gaan haal daardie woorde daar by sy stukkend getrapte toonnaels. Rou en indrukwekkend. Al dink jy nie Kolisi is die beste kaptein of losvoorspeler wat al vir die Bokke gespeel het nie, moet jy hom punte gee vir hoe hy die volkslied sing.

Sy lewensverhaal is een waarvan ons almal sekerlik die breë trekke ken en dis nie nodig om dit hier te herhaal nie. Dankie tog, daar is’n bietjie vleis om die been. Kolisi kleur sy verhaal in en die mens slaan deur. Die een wat ook grootkop gekry het en hom aan drank vergryp het en met die kwelvrae van die lewe, en veral die kwelvrae van ons eie land, geworstel het en steeds mee worstel.

Twee Bokke sit op 'n vliegtuig: Kaptein Siya Kolisi en sy spanmaat, Eben Etzebeth. FOTO Instagram / Siya Kolisi

Daar is die rugby, ja, want dit het ’n enorme rol gespeel om Kolisi so op die voorgrond te plaas. Rugbyliefhebbers sal genoeg pitkos uit die boek kry om hul magies te laat bult. So lees ons van hoe hy in die rol as kaptein gegroei het. Rugbykykers sal dalk self terugsit en onthou hoe Kolisi in die begin soos ’n laerskoolkapteintjie elke ou ’n klappie op die boudjies gegee het by wyse van aanmoediging. Dié koddige gewoonte het hy darem intussen afgeleer.

Hopelik word Kolisi se boek wyd gelees want hy deel ook daarin sy woede en teleurstelling oor die wyse waarop vroue in ons land mishandel en verkrag word. Hierdie is ook nie net ’n ou wat in sy mooi huis sit en praat oor wat gedoen kan word om behoeftige mense te help ophef nie. Hy rol sy moue op en gaan na die behoeftiges toe. In een roerende toneel vertel hy hoe ’n ou vrou in trane uitbars toe hy op ’n keer kos in die Zwide woonbuurt buite Gqeberha (Port Elizabeth) uitdeel. “Ek onthou toe jy ’n seuntjie was en hier by ons kom kos soek het,” snik die vrou op sy skouer.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees