
Wat is lekkerder as om op ’n koue wintersaand onder ’n kombers te sit en ’n goeie boek te lees? Dalk is daar selfs ’n soethappie en glas rooiwyn langs jou.
Met SARIE se boekbederf kan hierdie prentjie jou werklikheid word! Jy lees reg.
Ons is almal so besig en gun onsself min tyd om net te ontspan en herlaai. Hierdie is jou geleentheid om die SARIE Boekbederf, in samewerking met NB-uitgewers en To Be Gift Boxes, ’n opwindende onderneming van aktrise Leandie du Randt, op jou voorstoep te ontvang. Al wat jy hoef te doen, is terugsit en geniet.
Wat is in jou Junie-bederfboks?
BESTEL NOU!
1. Die verevrou geskryf deur Jan van Tonder
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, beskryf dit as een van die lekkerste boeke wat sy die jaar gelees het. “Wanneer ek deurnag bly lees, moet jy weet dis ’n storie wat my aangryp. En so was dit met Jan van Tonder se Die verevrou (Human & Rousseau, R295). Jan was gemesmeraais deur die verevrou van Oudsthoorn en sy het letterlik 21 jaar lank by hom gespook. Hy het net geweet hy moet haar storie vertel. Die een hoofkarakter, Liora Papalato in sy roman, Die verevrou, is losweg gegrond op die lewe van Luisa Pappalardo, die meesterpluimbereider van Oudsthoorn. Maar wat die verhaal aangrypend maak, is hoe Jan vir Liora en Candice Amat van De Rust by mekaar uitbring. Een van die lekkerste boeke wat ek vanjaar gelees het.”
2. SARIE se Junie 2019-uitgawe
Met aktrise Lika Berning op die voorblad, sorg SARIE se Junie-uitgawe vir heerlike leesstof. Van die klubdwelm wat met depressie kan help tot als wat jy van haarverlengings moet weet.
3. SARIE KOS se Herfs 2019-uitgawe
In die nuwe SARIE KOS is daar 10 resepte wat jou net 30 minute gaan neem, boonop bevat elk net 7 bestanddele. Als wat jy wil kook, eet en lees is in dié uitgawe.
4. Jou eie SARIE Notaboek
Maak noto’s van jou drome, te-doen-lysie en meer in die spesiale notaboek, gevul met SARIE-foto’s, wat ons 70ste verjaardag vier.
5. ’n Bottel Robertson Winery Merlot
Wat is lekkerder as ’n glas rooiwyn? Geniet dit saam met ’n gereg uit SARIE KOS se Herfs 2019-uitgawe of terwyl jy Die verevrou lees.
6. Naellak van L.O.V
Dis veral in hierdie seisoen waar ’n bietjie TLC broodnodig is. Gun jouself kosbare tyd en verf jou naels met ’n bietjie L.O.V.
7. ’n Sagte karameltoffielekker (60 g) van Sweet Temptations
Moenie laat winter ’n tameletjie word nie. Smul aan Sweet Temptations se heerlike toffielekker vir daai ekstra soetbederf.
Hierdie heerlike boekbederf se waarde is meer as R700, maar dit gaan jou net R399 kos. Die bedrag sluit afleweringskoste in!
Bederf jouself, of gee die boekbederf as geskenk vir jou goeie vriendin, geliefde of familielid. Bestel nou jou boekbederf - opskud daar is net 100.