Deel

Só kry jy jou kinders aan die lees

akkreditasie
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash
Dis ’n groot uitdaging om kinders te kry om te lees. Hulle sal veel eerder voor die kassie wil sit of met die tablet speel as om deur ’n boek te blaai.

’n Uitstekende manier om hul nuuskierigheid te prikkel, is deur hulle bekend te stel aan strokiesverhale. Dis kleurvol en prettig en in baie toeganklike taal geskryf. Dalk net die begin van ’n seuntjie se liefde vir lees. Ons is bevoorreg dat van die klassieke Asterix- en Kuifie-verhale in Afrikaans beskikbaar is

Die Avonture van Kuifie: Kuifie in Amerika, Hergé (Protea Boekhuis, R130)

Kuifie vertrek saam met sy hond Spokie na Amerika om ’n storie oor die bendes in Chicago te doen. Sy reputasie loop hom egter vooruit en Al Capone en sy bende ontvoer hom die oomblik toe hy in Amerika aankom. Kuifie ontsnap egter. Dit maak Al Capone net meer vasberade om hom te vang. Selfs Bobby Smiles, ’n mededinger van Al Capone, tree in om van Kuifie ontslae te raak. Kuifie en Spokie ervaar baie avonture in Amerika. Hulle word ontvoer, verdrink amper en word gevang deur Indiane.

Ook nuut in Afrikaans in die Kuifiereeks: Die Geheimsinnige Ster en Die 7 Kristalballe.

Hierdie heerlike verhale wat al sedert 1929 verskyn, vermaak steeds oud en jonk. Georges Prosper Remi, oftewel Hergé, word beskou as die vader van die moderne strokiesprent. Tussen 1929 en 1976 het hy 23 strokiesverhale geskryf en geteken. Die 24ste verhaal bly onvoltooid. Ons is bevoorreg dat sy strokies fantasties in Afrikaans vertaal word deur Sonya van Schalkwyk-Barrois. – Karien Labuschagne

FOTO Unsplash

Grilgrypers 4: Die Meisie in die Maanlig en Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf, De Wet Hugo (Human & Rousseau, R150)

Twee nuwe boeke in die Grilgrypersreeks deur De Wet Hugo. In Die Meisie in die Maanlig gaan woon Babette op die dorpie Rustfontein wanneer haar pa oorsee moet gaan werk. Babette sluit by die toneelgroep op die dorp aan en kry die hoofrol in hul nuutse musiekuitvoering getiteld, ‘Die Meisie in die Maanlig’. Alles is erger nie pluis op Rustfontein nie. Babette is onrustig en bang. Wat gaan aan op die dorp, wat is regtig en wat verbeel sy haar? Dis maar net ’n paar vrae waarmee sy worstel.

In Die Groen Watergrag word die weeskind Wian in die pleegsorg van die Groenewalds geplaas. Alhoewel Wian bly is om uit die kinderhuis te wees, is hy ongelukkig omdat hy saam met Pierre, ’n boelie, uitgeplaas is. Die Groenewalds woon op ’n afgeleë plaas. Op die plaas word Wian en Pierre voorgestel aan hul nuwe 'suster' Cordelia, wat ’n reuse krokkedil is. Dis waar Wian se stryd om te ontsnap om aan die lewe te bly, begin.

Dis twee wonderlike boeke oor grillerige gebeure vir jongmense. Die illustrasies dra by tot die leesavontuur. - Karien Labuschagne

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees