Deel

Spesiaal vir lesers: Kortverhaal deur Audrey Blignaut

akkreditasie
Foto: Phyllis Green
Foto: Phyllis Green

Sy het tien bundels essays in 40 jaar gepubliseer. Audrey het toenemend ook meer volbloed kortverhale geskryf. Daarvan is in haar volgende bundels saam met die essays gebundel.

Ter herdenking van Audrey se tagtigste verjaardag het Hennie Aucamp en Elize Botha ’n keur gemaak uit haar kortverhale en dit gepubliseer onder die titel Mal Hansie en ander verhale. Hierin kom veral die pyn van menswees aan die bod, waar Die rooi granaat dit het oor die onsekerheid by die bewuswording van liefde, Die laaste pruime die angs van skuldgevoelens uitbeeld en Die wind van die see af die onherbergsaamheid van die lewe. Mal Hansie het die skrik van die eerste aanraking met die dood as tema.

Dié bundel, Mal Hansie en ander verhale,  is pas weer deur Protea Boekhuis heruitgegee met ’n spesiale inleiding deur Marié Heese, Audrey se dogter.Marie vertel dat die treffende omslagfoto gekies is, omdat "solank [sy] kan onthou het [haar] ma daagliks voor haar Remington gesit en tik." Oor haar ma se skryfwerk sê sy: "’n Mens sou kon sê, omdat sy onderhoudend skryf. Sy kan vrek snaaks wees. Sy is tot fyn selfspot in staat en huiwer nie om eerlik te vertel van moleste wat sy aangevang en oorgekom het nie. Sy skryf oor alledaagse ervarings, maar stel haar belewenisse so goed, so raak, dat elke leser voel, ja, dis net so, dis hoe ek dit ook beleef."

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees