
Buite Stellenbosch in die Boland het Donnalee Roberts en Ivan Botha ewige trou aan mekaar beloof. Nou deel hulle wenke vir toekomstige bruidspare.
Hulle was 100% in die oomblik. “Ek sou nie een sekonde of oomblik anderste wou hê nie,” vertel Ivan as hy terugdink aan sy en Donnalee se bruiloffees wat oor ’n Vrydag (romanties en klassiek) en Saterdag (boheems en rock ’n roll) gestrek het.
Dis die belangrikste raad wat hy vir bruidspaartjies kan gee. “Om in die oomblik te wees en om alles in die oomblik te aanvaar – weergewys, kosgewys, detailgewys. Ons het mekaar belowe dat óns die dag gaan saam spandeer, dat óns gaan connect en elke oomblik saam sal wees.”
Een van die spesiaalste oomblikke het vroeg die Vrydagoggend plaasgevind, onthou Donnalee. “Ivan het aan my deur kom klop ... hy wou graag die dag saam begin deur te bid. En daai oggend het ons mekaar in die oë gekyk en ’n belofte gemaak om die hele dag mekaar se oë te vind.”
Donnalee se wenk? Moenie verplig voel om as bruidspaar van tafel tot tafel te beweeg nie. “Iewers deur die loop van die dag en aand gaan jy kans kry om vir almal by jou troue hallo te sê, al is dit net met ’n drukkie of op die dansvloer. Almal sal begrip hê daarvoor.”
Hulle het self voor hul troue goeie raad ontvang. “Om iewers gedurende die verrigtinge onsself te verskoon en die prentjie, die fees, van buite af te sien en te beleef.”
Dit was ’n film-oomblik, beaam Ivan.
Nog wenke van Ivan en Donnalee:
– As jou begroting dit toelaat, kry ’n troubeplanner, dan hoef jy jou nie oor die klein goedjies te bekommer nie. Die persoon sal jou boonop kan help met afslagpryse, kontakte en om jou begroting optimaal te laat werk.
– Kan jy nie een bekostig nie? Vra ’n betroubare vriend, vriendin of familielid om jou te help en die druk ligter te maak.
– ONTHOU: Dit gaan nie oor die klein dingetjies nie. Fokus eerder op ’n paar belangrike elemente – eg en eie aan julle as ’n paartjie – en trek dit deur. By Ivan en Donnalee se seremonie was ’n piñata soortgelyk aan een uit hul eerste fliek, Pad na jou hart, byvoorbeeld deel van die dekor.
– Maak ’n punt daarvan om jul heerlike kos te eet en te geniet!
– As julle geskenke wil gee, gee iets wat julle as paartjie verteenwoordig.
– Vind maniere om jul huweliksbeloftes ná die troue ’n werklikheid te maak.
Donnalee sonder hierdie oomblikke uit:
– Dit was van die begin af belangrik dat Amélie, Ivan se dogter, deel sal wees van die groot dag. “Dis hoekom ek besluit het dat net Amie my bruidsmeisie sal wees, sodat ek en sy saam kwaliteittyd kon hê.”
– Toe haar pa, Llewellyn, haar die eerste keer sien en saam met haar die paadjie van matte afgestap het.
– Die oomblik toe Ivan haar sien – beide hy en Amélie het gehuil.
Ivan sonder hierdie oomblikke uit:
– Die oomblik toe hy vir Amélie sien. “Toe sy by my gekom het, het ons behoorlik ge-ugly cry.”
– Toe Donnalee voor hom kom staan. “Dit was een van daai oomblikke wat in jou siel, psige, hart ingraveer. Ek sal dit altyd onthou, dit nooit vergeet nie.”
– Hul huweliksbeloftes, wat nie tradisioneel was, maar eerder liefdesbriewe. “Daar was iets heiligs, dit was tasbaar.”
En as hulle troue ’n fliek was?
“Ons onthou dit letterlik as ’n highlight reel,” lag Donnalee. En ’n montage, voeg Ivan by. “Ons is immers filmmakers!”
Atmosfeer is geskep. And action ...
“Die beligting, die dekor en die klein details het mekaar opgetel en ongelooflike atmosfeer geskep,” vertel Ivan. “As ek my oë toemaak, sien ek dit. Die sterre, die volmaan, die ligte.”
Die boom van lewe ...
“Die hele vloer van die onthaal was vol blare van dieselfde boom waaronder ons getrou het. Weke voor die troue het ons troubeplanner Hannes Maritz van Kraak en sy span die blare wat geval het, bymekaar gemaak,” vertel Donnalee.
Kos, kos, kos!
Dit was een van die belangrikste elemente van die feesvieringe. “Van die heerlikste herinneringe word om ’n bord kos gemaak,” meen Donnalee. “En dit skep atmosfeer,” voeg Ivan by.
Dekor-bestemmings
Hulle is albei lief vir reis en die natuur, daarom het die dekor dit weerspieël.
Piñata, tequila en Pad na jou hart
Nes in Pad na jou hart het hulle ’n piñata gehad. Voor die dansvloer geopen is, het Ivan en Donnalee ’n glasie tequila saam met hul gaste geniet en die piñata geslaan.
Pa-en-dogter-dans
Nes Donnalee en pa Llewellyn saam gedans het, het Ivan en Amélie ook.
Partytjie-trein
“Ja, Donnalee is stout vir ’n partytjietrein,” verklap Ivan.
Spoegwolf se Danie sing!
Ivan het Danie spesiaal gevra om sy liefdesbrief vir Donnalee te toonset.
Saterdag se pizza, gin en lewendige musiek
Die tweede dag was boheems en rock ’n roll, die aand is pizza en G&T geniet. “Dit het op ’n hoogtepunt afgesluit!”
Hul tweede troudag is eksklusief te sien in SARIE Bruid (nou te koop!)
Die lys van verskaffers
Onthaal: Blaauwklippen, Stellenbosch. www.blaauwklippen.com
Verblyf: Blaauwklippen Manor House en Jonkershuis - @blaauwklippen ; www.blaauwklippen.com
Koördinasie en konsep: [kraak] - @kraak_event; www.kraak.co.za
Fotograwe: Vrydag - Jenni Elizabeth, @jenni_elizabeth2 ; www.jennielizabeth.com & Saterdag - Aglow Photography, @aglowceleste ; aglowphotography.blogspot.com
Videograwe: Second Luke Films - @secondlukefilms ; vimeo.com/secondluke
Trourok: Vesselina Pentcheva - @vesselinap, www.vesselina.co.za
Saterdag Feesviering-rok & Amélie Strooimeisierokke: Lena Lisa - @lenalisa_designer; www.lenalisa.com
Ivan se troupakke (Vrydagaand en Saterdagaand): The Tux Tailor in samewerking met Lena Lisa - @thetuxtailor; www.thetuxtailor.com
Hare & Grimering: Alicia Buckle - @alicia.buckle ; aliciabuckle.co.za
Saterdag Feesviering Grimering: Suna Robberts - @suna1suna1 ; imagebysuna.co.za
Saterdag Feesviering Hare: Amorie & Zana Taljaard @twin_lifestyle ;
Spyseniering: Slippery Spoon Kitchen - @slipperyspoonkitchen ; http://nothambutman.com/slippery-spoon-kitchen/
Blomme: Liezl Kotze Floral Art - @liezlkotzefloralart ; www.liezlkotzefloralart.co.za
Personeel: ASAP staffing & events - @asapstaffingcpt ; facebook.com/asapstaffingcpt/
Gin Bar: Clemengold Gin - @clemengold_gin; www.citrusgin.co.za
Troukoek: Pajamas & Jam - @pajamasandjameatry; www.pajamasandjam.com
Trougeskenke: Masch - @masch_x ; www.masch.co.za
Musiek: Apache from Official Chopshop - @officialchopshop ; www.officialchopshop.org/
Onthaal & Feesviering Meubels: Event Architect & In and Out events. @eventarchitectza & @inandoutevents ; www.eventarchitect.co.za/ & https://inandoutsa.co.za/
Peacock chairs: Muse Decor Hire - @musedecorhire ; www.musedecorhire.co.za/
Beligting en Strukture: In and Out Events - @inandoutevents ; https://inandoutsa.co.za/
Dansvloer se beligting: Unfazed Pro - @unfazedpro ; https://www.unfazed.co.za/
Spyskaarte en kaartjie papierwerk: Papier handmade - @papier.handmade , https://linktr.ee/papier.handmade
Tafels en stoele vir langtafelete by onthaal: Okasie Furniture - @okasie ; www.okasie.co.za
Matte: a|CREATE , Baie Goeters, In and Out Events - @acreate_za & @baie_goeters & @inandoutevents
Macrame: No Negative - @nonegativedecor ; hellopretty.co.za/no-negative
Instax Cameras and Film: @instaxsa; www.instaxsa.co.za
Uitnodiging en Illustrasie: @diekaalkonyn