Dié winter bring SARIE BRUID vir jou ’n nuwe bron van trou-inspirasie!

Op die webblad SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste kry getroudes die geleentheid om hul trourok aan ’n toekomstige bruid te verkoop. Verloofdes kan hier ook al die inligting en kontakte wat hulle benodig om hul droomdag te beplan, op een plek vind. En diegene wat in die troubedryf werk, kry die kans om van rok-ontwerp en fotografie tot DJ-dienste te bemark.

’n Droomlys vir jou droomdag

Ná byna ’n dekade in die troubedryf is daar een ding wat die SARIE BRUID-span al goed weet: Trou is nie perde koop nie, en ’n troue beplan nog minder! Daarom het ons nou ’n webblad waar jy deur ’n katalogus van ons gunstelingdiensverskaffers kan blaai om met hul hulp jou troue te beplan.

Gebruik ook dié platform om jou droomrok te vind – dalk is jou toekomstige rok splinternuut of miskien is dit die gelukbringer wat iemand anders se troudag ook ’n droomdag gemaak het ...

Kom koop en verkoop jou trourok op bruid.sarie.com en adverteer jou unieke diens in egte SARIE-styl. Almal met troukoors is welkom.

Met bruid.sarie.com kom die winkel na jou toe. Kontak verkoopmyrok@sarie.com vir meer inligting.

Kontak dié verskaffers deur SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste

Kobus Dippenaar
Kikitography
Gorgeous George
Elate Photography
Collected Pix
Blos Bakkery
Blank Canvas