In 7de hemel! FOTO Hanri Human

Keer op keer moes hulle hul troue uitstel, die prentjie in hul kop heroorweeg, oorbeplan en aanpas. Maar op 4 September 2021 het Schané en Marion uiteindelik Meneer en Mevrou Fouché geword.

Die troue het intiem afgespeel voor 33 geliefdes met ’n uitsig oor Plettenbergbaai se see.

FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

“Dit was ’n absolute fairytale!” verklap Schané Venter, wat in 2019 as SARIE se Voorbladgesigwenner aangewys was.

Sy en Marion wou eintlik met alle mag ’n wegholtroue in Griekeland hê. Maar met die wêreld omgedompel en deurmekaar het hulle besluit om in Suid-Afrika ’n plek te soek wat daardie perfekte “Griekse gevoel” gee.

FOTO Hanri Human

“En so kom ons toe af op die Plettenberg Hotel ... Die wit geboue, houtafwerkings, die onbeskryflike ligging en eindelose see wat voor ons strek, het dadelik ons harte gesteel,” verduidelik Schané.

FOTO Hanri Human

Die bruid se rok was deur Anel Botha gemaak. Dié gesogte ontwerper het ook Demi-Leigh Tebow se rok ontwerp waarin sy as Mej. Heelal van 2017 gekroon is.

Schané se rok was deur die ontwerper Anel Botha gemaak. “Ek het soos ’n prinses gevoel!” FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

“Ek wou ’n elegante, tydlose rok hê waarin ek voel of ek kan sweef,” sê Schané, wat vir Anel die nodige vryheid gegee het om idees ook in te bring. Die eindresultaat? 25 meter se uiterse fyn tulle, waarvan 30% met die masjien gemaak is en 70% met die hand. Dit was ook vol delikate kralewerk en het 75 ure geneem om te voltooi.

“My rok was alles en meer!” 

’n Kosbare oomblik: Schané se strooimeisies sien haar vir die eerste keer. FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

Toe die seremonie begin het, het NEEDTOBREATH se lied “I Wanna Remember” saam met Carrie Underwood begin speel, waarop Marion, die bruidspaar se ouers, broers en suster elkeen in die paadjie afgestap het.

Schané saam met haar pa, Arnold Venter. FOTO Hanri Human

Daarna was dit die bruid en haar pa, Arnold, se beurt. Die lied? Skylar Grey se “Everything I Need”, wat ook die temalied van die 2018-rolprent Aquaman was. “Sedert ons daardie fliek gekyk het en ek daardie lied gehoor het, het ek geweet dís die lied waarop ek wil instap. Dit het my hart so aangeraak.”

Die oomblik toe Marion sy bruid sien. FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

Met al die inperkings het die troue 12:00 begin en teen 21:00 geëindig. Nietemin, danksy die intieme gastelys, kon die bruidspaar letterlik tyd met elkeen spandeer.

FOTO Hanri Human
Vir Marion en Schané was ’n intieme troue met net 33 gaste die beste besluit nog. Die stilis-ghoeroe Werner Wessels, wat saam met Schané by Miss SA werk, was een van die gaste. En Schané se ouma Joyce Jonker (92) het al die pad van die Kalahari afgekom. FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

Die onthaal het in die buitelig plaasgevind. Daar was 144 kerses wat soos lopers oor die twee tafels gepak was. Die kleurpalet het bestaan uit wit, elemente van hout en aksente van aardse kleure. Die pragtige dekorprentjie was afgerond met ses hangende kandelare en blompotte gevul met uitgedroogte en vars blomme.

FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

“Ons wou juis met die onthaal ’n gevoel skep waar lig en tekstuur die helde was. Ons gaste moes ontsnap na ’n plek waar alles net eenvoudig was.”

Die bruidspaar en die gaste het gesmul aan ’n viergang-maaltyd, met verskeie opsies waaruit almal kon kies. En die dansvloer was geopen met die klassieke Bryan Adams-treffer “Everything I Do, I Do It For You”. Marion en Schané wou nog altyd op ’n “classic” vir die eerste keer as Meneer en Mevrou Fouché dans.

Die bruidspaar het die dansvloer geopen op Bryan Adams se 1991-treffer “Everything I Do, I Do It For You”. FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

Wat het dié twee bymekaar oor die liefde geleer?

Marion eerste aan die beurt: “By Schané het ek geleer dat liefde onselfsugtig, eindeloos en sonder ophou is. Dis ’n keuse wat ’n mens elke dag saam maak. Om nooit op te gee op die liefde en mekaar nie, nie net in die maklike tye nie, maar veral in die moeilikste tye.” 

FOTO Hanri Human

En Schané? “By Marion het ek geleer dat liefde onvoorwaardelik, onbeskryflik en vir ewig is. Liefde is jou safe haven en jou beste vriend.”  

Nog spesiale oomblikke

FOTO Hanri Human
Pa Arnold sien sy dogter vir die eerste keer. FOTO’S Hanri Human
Schané saam met haar sussie, Lizahn. FOTO Hanri Human
Uiteindelik Meneer en Mevrou Fouché. FOTO Hanri Human
Marion saam met sy gevolg. FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human
Schané se pa, Arnold, en broer, Tiaan, aanskou die bruid se rok. FOTO Hanri Human

Verskaffers

FOTOGRAAF: Hanri Human Weddings

VIDEOGRAAF: Hireath Films

TROUROK: Anel Botha Couture

SKOENE: Bella Belle Shoes SA

PAK: Cavalier

VENUE: The Plettenberg Bay Hotel

TROUBEPLANNER & DEKOR: De Schone Décor

KERSE: Candle-lite SA

WYN EN SJAMPANJE: Laborie Wines

HARE: Hair by Jako

GRIMERING: Gina Myers