Shené van der Vyver was in 2017 een van SARIE Voorbladgesig se 10 finaliste. Die talentvolle modeontwerper van Krugersdorp is op 8 Desember met haar beste vriend, Joe Olivier, getroud, en sy het die pragtige foto’s spesiaal met SARIE.com gedeel.
Shené, wat onder die naam Shené Vyver Couture ontwerp, het self haar trourok ontwerp en gemaak. Sy vertel daar was 100 gaste by die troue by Inimitable buite Muldersdrift. Soos sy in die glaskapel ingestap gekom het, het viole en tjellos die troumars gespeel.
"Een van my hoogtepunte was om my toekomstige man te sien toe ek in die kapel ingestap kom. En dan natuurlik die pa-en-dogter-dans. Ek was baie emosioneel en dit sal altyd na aan my hart bly."
Die fotograaf Celeste Cilliers het die pragtige troue op film vasgelê.
Hier is ’n deel van hul trouvideo:
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET