Oop onthaalplekke is nie werklik ’n opsie nie, so soek een wat mooi, warm en onderdak is. Hier is drie van ons gunstelinge.

Gorgeous George, Kaapstad

Die White Room in die Gorgeous George, ’n romantiese boetiekhotel in die hart van Kaapstad, het plek vir tot 60 gaste – ideaal vir ’n intieme troue wat aan Covid-regulasies voldoen. Die dekor is modern en van so ’n aard dat jy die ruimtes meer formeel óf informeel-sjiek kan stileer. 

Gorgeous George Sean Gibson
FOTO: Sean Gibson

Lavandou, Pretoria

By dié venue in Tiegerpoort, Pretoria, kan paartjies die meeste van die area se matige winters maak deur onder ’n laning dennebome trou aan mekaar te beloof. Verkies jy onderdak, is daar ’n alternatief: Trou in die romantiese kapel! Met ’n styl wat herinner aan iets wat jy op die Franse platteland sal aantref, verskaf Lavandou die ideale agtergrond vir ’n snoesige wintertroue.

lavandou andre m photography
FOTO: Instagram / @andremphoto

The Key, Boland

Nooi jou gaste vir ’n naweek-wegbreek in die Robertsonvallei. Die hoogtepunt, natuurlik, jou spesiale troue op ’n plaas tussen Robertson en McGregor. Met die prentjiemooi uitsig agter glasdeure as agtergrond, het die span by The Key hope idees om jou wintertroue perfek te maak: van vuurputte buite die onthaalsaal tot kerse vir atmosfeer en ’n warmsjokolade-stasie om die koue te verdryf.

the key
FOTO: Instagram / @keyvenue

Trourokke vir jou wintertroue

Jou hoef nie koud te kry op jou groot dag nie! Kies uit een van dié elegante langmourokke in SARIE BRUID se troukas. 

Elegante prinsesstyl

FOTO: Jani B

Elegante sprokiesverhaal

FOTO: verskaf deur bruid

Elegant en tydloos

FOTO: Stroopsoet

Vir trourokke, meer trou-inspirasie, of die kans om top-troudiensverskaffers vir jou groot dag te ontmoet, gaan na SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste.