Bekkige Polly bloos ook!

akkreditasie
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Wetenskaplikes het bevind blou-en-geel ara-papegaaie pof hul kroonvere op en word selfs pienk in die gesig in sekere sosiale situasies, volgens die Daily Mail. Hoewel dit steeds ’n geheim is presies wat hulle daarmee wil oordra, vermoed die navorsers dis ’n teken van positiewe interaksie.   

 Die blou-en-geel ara-papegaaie (Ara ararauna), is bekend vir hul intelligensie en bekkigheid. In die studie, gepubliseer in die joernaal PLoS ONE, het navorsers vyf sulke papegaaie, wat met die hand grootgemaak is, se interaksie met mekaar en hul mens-versorgers bestudeer. Hulle het naamlik die posisie van die vere (glad of gepof) op die kroontjie, agternek en wang dopgehou. Asook tekens van ’n blos op die veerlose wang.

 Die navorsers het bevind die oppof van vere was meer algemeen as die voëls nie beweeg nie, soos tydens sosiale interaksie en rus-periodes, volgens Science Daily. Die voëls was meer geneig om te bloos en hul kroonvere te pof as die versorger met hul gepraat en oogkontak met hulle behou het, as daar dus aktiewe wisselwerking tussen hulle was. Teenoor wanneer die versorger in die vertrek was, maar Polly ignoreer en hom die rug toegekeer het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees