’n Vel wat straal, begin by goeie velsorg, sê Lebogang Ngwenya, senior opleier van Clarins plaaslik. Hoe plomper en gladder jou veltekstuur, hoe beter sal lig daarvan af reflekteer.

“Begin by behoorlike reiniging om verstopte porieë te voorkom, gereelde afskilfering vir ’n egalige veltekstuur en bevogtiging om vaalheid en die vorming van fyn lyntjies teen te werk.” Daarna is net ’n paar grimeerprodukte nodig om ’n gloeiende gelaat te skep:

1. Wend ’n basislaag (primer) oor jou hele gesig aan. Volgens Lebogang bied deesdae se basislae ’n rits voordele: dit vul lyntjies, verbeter ’n onegalige velkleur en laat jou grimering langer hou. Kyk ook uit vir een wat glinster deeltjies bevat vir ’n subtiele gloed.

2. Kies ’n onderlaag met ’n glans- of fluweel-afwerking. Gebruik jou vingers of ’n grimeersponsie en versprei dit liggies met drukbewegings oor jou vel.

3. Verligter is die ster van dié voorkoms. ’n Vloeibare of roomformule skakeer die maklikste en lyk meer natuurlik. Tik net ’n bietjie bo jou wangbene, op die brug van jou neus en jou oogbanke.

Probeer die produkte:

1. Die veerligte formule van BioNike Defence Color Nude Serum Foundation (R325) het ook velsorgvoordele en laat jou gelaat vars en gesond lyk. By Dis-Chem

2. ’n Vogroom en verligter in een. African Extracts Rooibos Radiance Moisturising Illuminator (R220) sorg vir ’n sagte gloed. By Dis-Chem

3. Dié verhelderende basislaag bevat ook bestanddele wat jou vel teen besoedeling beskerm – Clarins SOS Primer in Universal Light (R445)

4. Tik ’n bietjie Wet n Wild Megaglo Hello Halo Liquid Highlighter in Halo Gorgeous (R100) net bo jou wangbene aan en skakeer dit liggies met jou vingers in. By Clicks

5. Perfek vir wanneer jy reis! Verlig jou vel in ’n kits met Yves Saint Laurent se romerige Touche Éclat Shimmer Stick in Light Gold (R620). By die YSL Beauté Boutique in Sandton City, Johannesburg