Ek het die perfekte man ontmoet – my trouman. Hy dra my op die hande, is ’n jintelman, ons het dieselfde belangstellings. Hy is dol op sy oulike seun uit sy eerste huwelik. My probleem is nie dat ek skielik ma is nie. Eerder dat sy eksvrou my mal maak. Sy wil hul kind gebruik om mý tyd te beheer. Sy bel, SMS of vra voortdurend wat ons doen, of hy die regte kos kry... Ek wil nie my nuwe kêrel ontstel of die goeie verhouding tussen hom en sy vorige vrou belemmer nie. Dit is belangrik dat die verhouding werk, want ek is lief vir hom. Wat moet ek doen? - Sarie Leser
Volgens dr. Susan Roets, kliniese sielkundige van Pretoria is dit 'n baie algemene dilemma wat suksesvol opgelos kan word, mits jy dit reg bestuur. Jou situasie kan met dié van 'n ruiter op 'n perd vergelyk word. Jy moet die leisels (sy eksvrou) styf vasvat en die perd (jul verhouding) in die regte rigting stuur. As jy toelaat dat sy jou gek maak, vat jy nie die leisels sterk genoeg vas nie. Jy gee haar dus die mag om jou vreugde en geluk te steel. Dr. Roets verskaf die volgende wenke wat jy kan volg:
"Jou houding is reg: jy het besluit dit is die man vir wie jy lief is, jy wil hom behou en sy kind akkommodeer, want hy is gék oor die mannetjie. Dit is tot jul almal se voordeel dat die verhouding tussen jou vriend en sy eksvrou goed bly. Navorsing het immers bewys dat aanhoudende konflik ná ’n egskeiding tussen ma en pa die kinders kwaai kan benadeel," sê Sandra Hitchcock, 'n gesinsfasiliteerder en bemiddelaar van Panorama Psigiatrie-en Geheuesentrum in Bellville. Haar raad: