Jy rol rond en kyk hoe die wekker se wyser stadig oggend toe aankruie. Dit vererger jou stres wat slaap nog moeiliker maak. Sit dit weg!
Skryf 5 minute voor slaaptyd puntsgewys alles neer wat jy die volgende paar dae moet doen.
Proefpersone het daarna 9 minute gouer aan die slaap geraak as die kontrolegroep wat take moes neerskryf wat hulle reeds voltooi het, volgens ’n studie in die Journal of Experimental Psychology.