7 gesonde drankies vir 2022

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash
Klink ’n glasie op die nuwe jaar. En gee terselfdertyd jou lyf ’n hupstoot met broodnodige vitamiene en antioksidante. Vanjaar is dit veral nodig om jouself op te pas.

1. WAATLEMOEN-MOJITO

1 e heuning
k vars lemmetjiesap
paar kruisementblare
30 ml tequila (opsioneel)

Meng alles in menger tot die kruisement gekneus en geurig is. Sit voor met fyngemaalde ysblokkies of sneeu-ys. Dit bevat min kilojoules en is verfrissend op warm somerdae.

2. SJOKOLADEMENGELDRANKIE

1 k kokosneutmelk of amandelmelk
k Griekse-styl volroomjogurt
3 e kakao
k sneeu-ys
30 ml sjokoladelikeur (opsioneel)
fyngemaalde neute van jou keuse (opsioneel)

Meng alles buiten die neute met ’n staafmenger, gooi in ’n glas en sprinkel neute oor. Kakao is ’n goeie bron van minerale soos magnesium, kalium, koper en yster.

3. VERFRISSENDE AARBEI-DRANKIE

1 k bevrore aarbeie
2 e lemmetjiesap
1 k sneeu-ys
30 ml rum (opsioneel)

Meng met ’n staafmenger en sit voor in ’n verkoelde glas. Aarbeie is ryk aan vitamien C, wat help om jou vel gesond te hou.

4. KOKOSNEUT-EN-WORTEL-LEKKERTE

k kokosneutwater
k wortelsap

Meng in ’n martini-glas. Garneer met vars tiemie, koljander of wortelrepies. Die betakaroteen in wortels help beskerm jou teen kanker en is goed vir jou vel.

5. SOMERMENGEL-DRANKIE

k suikervrye limonade
3 e bloubessies en opgesnyde aarbeie
4 basilieblare
30 – 60 ml vodka (opsioneel)

Meng alles saam in ’n lang glas. Voeg fyngemaalde ys en sodawater na smaak by en garneer met suurlemoenskil. Die drankie is propvol vitamien C en ryk aan antioksidante wat jou vel teen sonskade help beskerm.

6. POMELO-EN-BOSBESSIE-DRANKIE

60 ml pomelosap
60 ml bosbessiesap (cranberry)
60 ml sodawater
30 ml jenewer (opsioneel)
Xylitol na smaak (opsioneel)

Meng, gooi in ’n verkoelde glas met fyngemaakte ysblokkies en garneer met kruisementblare. Pomelo’s bevat oplosbare vesel en kan help om cholesterolvlakke te verlaag.

7. PYNAPPELFIZZ

k pynappelsap of 1 vars pynappel
in blokkies gesny
k suikervrye limonade
k sodawater
30 ml rum (opsioneel)

Versap die pynappel en voeg sodawater en limonade by. Garneer met lemmetjieskyfies en kruisementblare. Die ensiem bromelien in pynappel kan ontsteking en inflammasie help voorkom.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees