Hulle is getroue bondgenote deur dik en dun. Lees jy die tekens reg, kan hulle jou oor jou gesondheid inlig. Dís wat jou voete vir jou probeer sê:
Dalk moet jy net die vogroom meer kwistig gebruik. Maar as dit saamgaan met simptome soos gewigstoename, dooierigheid in jou hande of probleme met sig, besoek jou dokter.
Jou skildklier vervaardig hormone wat onder meer jou metaboliese spoed, bloeddruk en funksies van die senuweestelsel beheer.