Sukkel jy met stres? Peusel dan gerus aan dié 4 kosse om dit te help verminder

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Endorfien, dopamien, oksitosien, serotonien en GABA (gammaaminobottersuur) . . . Tongknopers, ja, maar dié 5 breinboodskappers kan jou gelukkiger laat voel en minder laat stres. Jy kan dit vermeerder deur aan die regte kos te peusel.

Kakao

Foto: Enis Yavuz/unsplash.com
Foto: Enis Yavuz/unsplash.com

’n Warm kakao-drankie (gemaak van 100%-kakao en sonder bygevoegde suiker) verhoog jou endorfienvlakke. Dis ’n breinboodskapper soortgelyk aan morfien en die liggaam se natuurlike pynstiller. Dit laat jou ook goed voel.

Kakao is die kossoort wat die liggaam die meeste endorfien laat afskei. Jou kortisolvlakke (’n streshormoon) verlaag dan ook. En daarmee saam jou bloeddruk en bloedsuiker. (Swaar gekruide kosse het dieselfde uitwerking.)

Bessies

Foto: Sneha Cecil/unsplash.com
Foto: Sneha Cecil/unsplash.com

GABA (gammaaminobottersuur) is ’n breinboodskapper wat stres, angs en senuweeagtigheid troef. Dit help jou ook beter slaap.

Jy kan dit nie direk van kos kry nie, maar ’n verskeidenheid kosse, soos bessies, bevat flavonoïede, wat ’n invloed het op hoe GABA in die brein werk. (Probeer ook: kersies, speserye, tamaties, sitrusvrugte.)

Pistasieneute

Foto: Theo Crazzolara/unsplash.com
Foto: Theo Crazzolara/unsplash.com

Dié neute is ryk aan vitamien B6. Dis nodig vir die vervaardiging van die aminosuur triptofaan, wat jou serotonienvlakke verhoog. Laasgenoemde is ’n breinboodskapper wat ’n gevoel van welbehae en speelsheid skep. (Probeer ook: hawermout, ricottakaas, suiwel.)

Avokado

Foto: Bethany Randall/unsplash.com
Foto: Bethany Randall/unsplash.com

Dis ryk aan die aminosuur tirosien, ’n voorloper van dopamien. Dié breinboodskapper laat jou gelukkig voel en gee jou meer energie om dinge te doen waarvan jy hou. (Probeer ook: amandels, piesangs en proteïenryke kosse soos hoender, maaskaas en eiers.)

Dadels

Foto: VD Photography/unsplash.com
Foto: VD Photography/unsplash.com

Dit bevat oksitosien, die sogenaamde “liefdeshormoon” wat jou help om emosionele bande te vorm. Dit verminder angs en verlaag bloeddruk. (Probeer ook: appels, beet, waatlemoen. Of gee iemand ’n drukkie!)

Bronne:

  • Sunette Kotze, dieetkundige en eienaar van E-Spice Health, ’n gesondheidswinkel: 012 548 2762, www.healthline.co.za
  • 'Over the Moon, a Guide to Positive Ageing' deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013). Kontak Hannetjie op Facebook of hvanzyl@global.co.za
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees