1. Dun lae

’n Romantiese, vloeiende gevoel word geskep deur deursigtige items laag op laag saam te dra. Daaris ’n lighartigheid aan die´ voorkoms, asof ontwerpers wou sê: “Ons maak julle los van die emosionele swaar van die afgelope jaar.”

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Rooi maasstofromp met kant (prys op aanvraag), Stefania Morland.

* Maasstof-slooprok (prys op aanvraag), W35T.

* Swart tou- oorbelle met koperdetail (R1 750), Pichulik.

* Swart aangliphakskoene (R1 499), Witchery.

* Die tafeldoek (vanaf R3 350) is van Adene’s Farm Flowers, aanlyn beskikbaar by adeneflowers.co.za

GROOTTES Romp: Op aanvraag Rok: Op aanvraag

2. Monochroom

Niks is meer swart op wit nie; ons leef in ’n we^reld waar daar nie meer eenvoudige antwoorde is nie. In teenstelling met kleurryke strepe, fokus sommige ontwerpers op die´ sjiek palet wat ’n toonbeeld is van elegansie en stabiliteit in ’n era van onsekerheid.

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Swart-en-wit katoenmengelstof- polkakoltop met oop rug (R429), H&M.

*Swart kunsleerbroek (R629), H&M.

GROOTTES Top: XS – XL Broek: 8 – 18

3. Kleurryke strepe

Kleurryke strepe is die nie-amptelike motief vir die seisoen. Die helder kleure is die simbool van hoop en optimisme; gee jou lentekas nuwe oemf met dié goedvoelpatroon.

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Gestreepte top van herwinde plastiek en materiaal (prys op aanvraag), Lara Klawikowski.

* Bypassende romp (prys op aanvraag), Lara Klawikowski.

* Koperring met halfedelsteen (vanaf R1 250), Pichulik.

GROOTTES Top en romp: Op aanvraag

4. Des te meer

Die noupassende broek staan eers ’n tree terug. Dié seisoen se wyepypbroek is die stylvolle plaasvervanger van die sweetpakbroek waaraan ons gewoond geraak het in die gemak van ons huis. Die geheim is ’n hoë middellyf wat steeds jou vroulike kurwes beklemtoon.

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Roomkleurige gestreepte wyepypbroek (R1 499), Country Road.

* Pienk-en-roesbruin gestreepte T-hemp (R1 299), Scotch & Soda.

* Diamanté-belt (R180), Queenspark. Helderpienk blokhakskoene (R1 199), Country Road.

* Diamanté-oorbelle (R220), Lovisa.

GROOTTES Broek: 4 – 16 T-hemp: XS – L

5. Opgepof

Dié mou beleef geen 15-minuut-roem nie. Sedert dit in 2018 met die groot 1980’s-herlewing sy terugkeer gemaak het, is die oorgroot mou een van die min trends wat steeds die loopplanke oorheers. Vir Lente 2021 is die aanslag romanties, vir tops, rokke en bloese.

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Pofmoubloes met fyn blompatroon (R699), Poetry.

* Midiromp met groot blompatroon (R850), Poetry.

* Metaal- en-blinkertop bo-oor bloes (R629), H&M.

*Knip in hare (R150 vir ’n stel van 4), Poetry.

GROOTTES Bloes: 6 – 20 Romp: 6 – 18 Top: XS – L

6. Vloeiend

Sweef die nuwe seisoen binne met ’n rok wat tot by jou enkels kom. Dié vloeiende rokke laat ons ontsnap na sorglose warmer dae, reg vir vakansie-uitstappies tot romantiese afsprake.

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Maksirok met skakerings van pers waterverf (R2 299), Witchery.

* Bypassende korsettop (R799), Witchery.

* Swart sandale (R999), Witchery.

*Groot goue hoepeloorbelle (R200), Lovisa.

GROOTTES Rok: 4 – 16 Top: 4 – 16

7. Toegevou

Die TV-reeks Bridgerton is tydens die wêreldwye grendeltyd deur 63 miljoen huishoudings gekyk. Geen wonder die Regentskap-korsette het ’n invloed op vanjaar se modes nie. Gelukkig vir ons beperk die trend nie ons bewegings soos in die era tussen 1811 en 1820 nie. 

MODE
FOTO Cassandra Collett

Uitrusting

* Naaswit maksirok met korset-inrygdetail (R2 299), Country Road.

* Hemp (R899), Witchery. Swart-en- wit tandruitpatroon-handsak (R529), H&M.

* Bonkige goue kettinghalssnoer met swart kunssteen (R280), Lovisa.

*Goue oorbelle met kunspêrel (R220), Lovisa.

GROOTTES Rok: 4 – 16 Hemp: 4 – 16

* Foto’s geneem by Adene’s Farm Flowers buite Wolseley. Besoek adeneflowers.co.za vir meer inligting oor die plaas asook die sade, bolle en dekoritems te koop in hul aanlyn winkel.

Alle breekware en eetgerei gebruik vir die fotosessie is van Omada, beskikbaar by lavishd.com

Grimering en hare: Mary Gouveia van Lustre

Grimeer- en haarassistent: Tamika Devon