Die geheim is om die koek nie te lank te bak nie. Jy wil hê hy moet daai lekker brownie-agtige tekstuur hê. Die amandels wat ek onder in die pan strooi, is ’n heerlike verrassing as jy die koek eet.

genoeg vir 1 koek

KOEK

* 100 g gevlokte amandels

* 300 g (375 ml) suiker

* 70 g (175 ml) kakaopoeier

* 195 g (210 ml) botter

* 410 ml water

* 420 g (750 ml) koekmeel

* 10 ml koeksoda

* 10 ml bakpoeier

* 3 eiers

* 190 ml karringmelk

SJOKOLADEVERSIERSEL

* 200 g donkersjokolade van hoë gehalte, fyngekap

* 250 ml room

* aangesuurde room (crème fraîche) vir voorsit

Verhit oond tot 160 °C. Spuit ringpan met volume van 2 liter goed met kleefwerende kossproei. Strooi amandels op bodem van pan. Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslagpot en bring tot kookpunt. Haal af van hitte en laat afkoel. Sif koekmeel, koeksoda en bakpoeier saam. Meng eiers en karringmelk by kakaomengsel. Voeg kakao-en-karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Gooi beslag in pan en bak vir so 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 minute afkoel in pan en keer uit op draadrak. Versiersel Plaas fyngekapte sjokolade in ’n skoon bak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade.