Sy het besluit om dapper te wees en alles met waagmoed aan te pak, nóú het sy baie drome. “’n Paar jaar gelede het ek gesukkel om hoop te behou. Dat ek dit vandag wel het, is iets waarop ek trots is.”

Aktrise Melinda Viljoen het geleer hoe om onwrikbaar te wees. “Ek het begin nee sê vir in ’n gat gaan lê. Ondanks my gevoelens het ek deurgedruk en gedoen wat ek moet.”

FOTO Instagram / Melinda Viljoen

Vir haar rol as die komplekse Tracy in die kykNET-sepie Binnelanders weet sy sy moet haar eie fisieke en emosionele welstand vooropstel. Dán eers is sy as aktrise in staat om haar karakter getrou weer te gee.

In haar eie lewe vertolk sy ook die laaste maande die rol van eggenoot. “Die belangrikste verhouding in my lewe is die een met my man. Al staan die wêreld stil, soos met die inperking verlede jaar, is dit steeds ek en hy. Sedert ons troudag het ons lewe saam begin, asook my mees betekenisvolle verhouding met my beste vriend. Hy is my vertrooster, my minnaar en my vertroueling.”

FOTO Instagram / Melinda Viljoen