Skoonheidsliefhebbers het rede om opgewonde te wees, want die laaste paar maande het daar plaaslik nie net een nie, maar drie nuwe aanlyn skoonheidswinkels oopgemaak.

straål is die geesteskind van die Afrikaanse susters Chrystene en Bernice Coetzer, en bied plaaslike verbruikers toegang tot internasionale skoonheids- en welstandsprodukte wat skoon en sonder wreedheid teenoor diere geskep is. By strl.shop

Asrai Skin spog met ’n uitgesoekte versameling luukse velsorg- en grimeerhandelsmerke wat etiese, volhoubare en nie-toksiese skoonheid eerste stel sonder om doeltreffendheid in te boet. By asraiskin.com

ARC Dié aanlyn winkel glo die wêreld sal ’n mooier plek wees as skoonheid meer inklusief is en ons ons uniekheid en individualiteit vier. Meer as 40 gewilde plaaslike en internasionale handelsmerke is tans beskikbaar. By arcstore.co.za