Wie sou kon dink dat baklava so mooi kan lyk?

KOS
FOTO Cassandra Collett

genoeg vir een 22 cm-koek

  • 500 g-boks fillodeeg
  • 400 g gemengde neute (pekan-, pistasie-, hasel- en okkerneute), fyngekap
  • 80 ml bruinsuiker
  • 115 g (125 ml) botter, gesmelt 120 ml heuning
  • 250 ml water
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 225 g roomkaas
  • 410 g vars frambose

Verhit oond tot 180°C. Gebruik bodem van ’n 22 cm-losboom-ringpan en meet twee sirkels langs mekaar op die hele hoop fillodeeg. Gebruik skerp mes en sny om die sirkels deur die stapel fillo. Gooi oorskietdeeg weg. Spuit pan goed met kleefwerende kossproei. Meng al die neute en suiker in mengbak. Plaas 2 fillo-sirkels in pan. Smeer goed met botter. Sprinkel dun lagie neute oor. Plaas nog 2 fillo-sirkels bo-op en verf weer met botter. Herhaal proses tot hele pan vol is. Eindig met fillo. Maak pan toe met foelie en bak vir 1 uur. Verwyder foelie en bak oop vir nog 15-20 minute of tot goudbruin en bros. Plaas intussen heuning, water en vanieljegeursel in klein pot en verhit tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Haal koek uit oond en gooi warm stroop oor. Laat afkoel. Versier met roomkaas en vars frambose.