TREND: Opgepof - Die 1970’s se kos is weer die inding. Maar dink verby Franse souffle´. Veerligte Japannese souffle´-omelette is nou op almal se lippe, so ook hul kaaskoek wat basies ook maar souffle´ is. 

Hemels en eenvoudig, moenie dat die woord “souffle´” jou afsit nie!

Bessie-soufflé

KOS
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

  • 110 g (125 ml) strooisuiker
  • 60 ml water
  • 450 g bevrore bessies
  • 5 ml suurlemoensap
  • 15 ml mielieblom
  • 3 eiers, geskei
  • 110 g (125 ml) strooisuiker
  • versiersuiker vir oorsif
  • gedroogde frambose vir voorsit

Plaas 110 g strooisuiker, water, bessies en suurlemoensap in middelslagpot. Bring tot kookpunt en kook tot bessies sag en pap is. Verwyder van hitte. Verpulp met staafmenger en plaas terug op hitte. Meng mielieblom met ’n bietjie water tot gladde pasta. Voeg by bessiemengsel en roer met draadklitser tot dik mengsel soos witsous vorm. Verwyder van hitte en laat afkoel tot yskoud. Verhit oond tot 180 °C. Voeg eiergele by bessiemengsel en meng goed met draadklitser. Klits eierwitte tot stywe punte vorm. Gooi terwyl jy klits res van strooisuiker stadig by tot mengsel blink en styf is. Vou nou eierwitmengsel by bessie- mengsel in. Verdeel beslag tussen 6 oondvaste koppies. Plaas op bakplaat in warm oond. Bak vir sowat 25-30 minute of tot opgepof en gaar. Sif versier- suiker oor en sit warm voor saam met gedroogde frambose.