Goeie vleis vra niks meer as sout en peper wanneer jy dit braai nie. Laat die sous die praatwerk doen.

Gebraaide filet met groensous en krummels

KOS
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

Groensous

  • 6 takkies roosmaryn, stingels verwyder
  • hand vol mentblare
  • 100 ml olyfolie
  • 50 g parmesaankaas, gerasper
  • 100 g pekanneute
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Krummels

  • 6 croissants, in stukke gesny

Vleis

  • 1 groot beesfilet (sowat 600 g)
  • 60 ml olyfolie

Groensous. Plaas al die bestanddele vir die sous in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot glad. Geur goed met sout en peper. Verhit oond tot 180°C. Plaas croissants op bakplaat en bak vir 10 minute tot uitgedroog. Maak fyn in voedselverwerker. Vleis.Verhit riffelpan tot vuurwarm sodat rook letterlik uit die pan trek. Smeer filet met olyfolie en geur goed met sout en peper. Braai 2-3 minute per kant vir mediumgaar of langer as jy jou vleis gaarder verkies. Haal vleis uit pan en laat rus 2 minute sodat vleissap kan ontspan. Sny in skywe en sit voor met groensous en ’n strooisel krummels vir ekstra tekstuur.