Gee jou verbeelding vrye teuels en probeer verskillende kleurkombinasies.

Skuimpies met sjokolade

KOS
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 24 skuimpies

  • pienk jelkoskleursel
  • 2 eierwitte
  • 125 g (150 ml) strooisuiker
  • 10 ml roosgeursel, of enige ander geursel van jou keuse
  • 30 ml wit asyn
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 140 °C. Doop ’n dun verfkwas in koskleursel en maak aan die binnekant van ’n spuitsak met ’n 1 cm-stertuit ’n kwashaal van onder na bo. Maak nog drie kwashale ewe ver van mekaar binne die spuitsak. Klits eierwitte in elektriese menger tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Voeg roosgeursel en asyn by en klits tot goed gemeng. Skep meringuemengsel in spuitsak. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Spuit meringuerosette van so 2 cm in deursnee op bakplaat. Bak vir sowat 15-20 minute of tot bros maar nog sag binne. Laat afkoel op bakplaat.