Die´ anderste tert gaan jou gaste se harte steel.

Tamatie-en-mozzarella-galette

KOS
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

  • 155 g (170 ml) botter, in blokkies gesny
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 50 ml yskoue water
  • sap en fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 250 g bokmelkkaas
  • 6 tamaties, in skywe gesny
  • 100 g mozzarellakaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas botter en meel in voedselverwerker en pols by hoe¨ spoed tot mengsel soos klam seesand lyk. Terwyl menger loop, gooi yswater geleidelik by tot mengsel in een deegbal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en laat rus vir 10 minute in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Plaas ’n vel bakpapier op ’n werkvlak en sprinkel ’n bietjie meel oor die papier. Rol die deeg in ’n vry vorm van sowat 2 mmdik uit. Plaas die vel papier met deeg en al op ’n groot bakplaat. Meng suurlemoensap, -skil en bokmelkkaas saam tot glad. Skep op deeg en smeer oor, maar los’n 2 cm-rand reg rondom oop. Pak tamatieskywe bo-op en sprinkel mozzarella oor. Geur goed met sout en peper. Vou die oop deegrand rondom oor die vulsel. Bak vir sowat 20-25 minute of tot kors mooi goudbruin is. Laat afkoel op bakplaat en sit voor met groenslaai.