Wontons met biltong-en-fetaroom

KOS
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 12-24 happies

  • 24 wonton-deegvelle (kyk by Oosterse supermarkte of deli’s)
  • 1 eierwit
  • 4 wiele feta
  • 200 ml room
  • 100 g baie fyn biltong, plus ekstra vir garnering
  • fyngerasperde skil van2 suurlemoene
  • vars kruie van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Sny elke wonton-vel in die helfte sodat jy twee kleiner reghoeke het. Spuit 12 oondbestande metaalpypemet kleefwerende kossproei (kyk by bakwinkels vir cannoli- vorms). Draai wonton-reghoek om metaalpyp en verf ’n bietjie eierwit oor die punt van die deeg. Plak stewig vas. Plaas met naat na onder op bakplaat en herhaal met nog 11 wanton-reghoeke. Bak vir 5-8 minute of tot goudbruinen bros. Laat afkoel en haal van pype af. Herhaal tot al die wonton- reghoeke op is. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en pols by hoe¨ spoed tot gladde, romerige mengsel. Skep in spuitsak met 1 cm-skerprandtuit. Vul gebakte wontons met biltong- en-fetaroom. Plaas op dienbord en sprinkel ekstra biltong oor. Garneer met vars kruie en sit voor