“Ek glo dis belangrik om met myself te connect . . . die idee om jouself beter te leer ken. Hoe beter jy jouself ken, hoe moeiliker is dit vir ander mense om vir jou te sê wie jy is.”

FOTO Instagram / Gantane Kusch

Ja, hy is diep – dalk die invloed van twee merkwaardige enkelmoeders, sy ma en sy ouma. Hulle het reeds min gehad, maar sy droom van akteur-wees vooropgestel en daarin geglo soos hy as kind daarin geglo het. “Ek kan nie genoeg dankie sê nie, ek sal nooit genoeg kan dankie sê nie. En ek wil dit aanmekaar wys.”

As dr. Siya in die kykNET-sepie Suidooster werp dié opofferings vrugte af. Waarheidsgetrou pak hy elke storielyn aan, want “dié is iemand daar buite se storie, kom ons respekteer dit met die respek wat dit verdien. Al raak jy net een mens, dan het jy iets gedoen.”

FOTO Instagram / Gantane Kusch