Hoender-schnitzel met kapokaartappels

akkreditasie
Jy hoef nie saans ure in die kombuis deur te bring nie - niks langer as 30 minute nie!

30 minute - 4 porsies

  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 eiers, geklits
  • 200 g broodkrummels
  • sowat 100 ml sonneblomolie, om die schnitzels in te braai

Draai die hoenderborsies toe in kleefplastiek. Slaan hulle lekker plat met ’n koekroller. Hulle moet heelwat groter en platter word. Geur elkeen weerskante met sout en swartpeper. Doop in die geklitste eiers en bedek goed met die broodkrummels. Doop dan weer in die eier en bedek nog ’n slag met krummels. Hou eenkant terwyl jy die olie in ’n pan verhit. Braai twee borsies op ’n slag. Jou olie moenie uitermate warm wees nie, maar die schnitzel moet begin braai sodra jy dit in die olie sit. Braai die schnitzels vir 5 - 10 minute, en draai om sodat hulle weerskante mooi bruin en bros is. Plaas op kombuispapier om van die oortollige olie ontslae te raak. Sit voor met kapokaartappels, vars roket en suurlemoen.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees