Plan met oorskiet-rys: Rys-taco's

akkreditasie
FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens
Kyk by jou supermark vir die taco-skulpe. Dis lekker en gee baie tekstuur aan kos. As jy sukkel om dit te kry kan jy tortillas gebruik.

genoeg vir 4

  • 400 g gemengde kersietamaties, in kwarte gesy
  • hand vol koljander, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 koppies oorskiet-rys
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 12 taco-skulpe

Verhit oond tot 180 °C. Verpulp helfte van tamaties saam met koljander, brandrissie, knoffel en ui. Druk deur ’n sif. Voeg by rys en oorblywende tamaties. Geur goed met sout en peper en meng. Verhit taco-skulpe volgens aanwysings op verpakking in warm oond. Skep rysmengsel in taco’s en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees