Episode 9:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Rina Theron kuier in episode 8 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

tunatert
Cintaine se tunatert FOTO Skermgreep / Dit proe soos huis

Cintaine se tunatert

genoeg vir 1 tert

  • 250 ml melk
  • 15 ml botter
  • 2 snye brood
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 eiers geklits
  • 250 ml cheddarkaas
  • 1 x 410 g-blik tuna, gedreineer

Verhit melk en botter tot botter smelt. Week 2 snye brood in melkmengsel. Meng tuna, ui, broodmengsel, helfte van kaas en die eiers. Skep in gesmeerde, vlak 20 cm-tertbak. Strooi res van kaas bo-oor. Bak teen 180 C vir 30 minute. Laat effens afkoel en haal uit pan. 

Cintaine se wenk:

Jy kan die tuna ook vervang met spinasie, feta en aspersies. 

Kyk Dit proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met heruitsendings Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30.