Dit proe soos huis: Episode 11 + Sherlin se maklike hoenderpastei

akkreditasie
Herman Lensing bring hulde aan sy ma met sy nuwe kosprogram, Dit proe soos huis. Deur haar resepte probeer hy troos vind en herontdek die smake en geure van sy grootwordjare. Hy kook ook saam met ander bekendes wat hul onthou-stories en nostalgiese geregte deel. Hier deel ons die maklike hoenderpastei uit episode 11.

Episode 11:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Die KFM-omroeper Sherlin Barends kuier in episode 11 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

Sherlin se maklike Hoenderpastei

genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 hoenderborsies
  • 30 ml sago sag geweek vir 2 ure in 60 ml water
  • 2 eetlepels olie
  • 1 sakkie sampioen-soppoeier
  • 365 ml water
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • sprinkel of twee hoenderspeserye
  • 1 x 400 g rol blaardeeg
  • 1 eier, liggies geklits
  • meel vir uitrol

Verhit oond tot 180 C. Braai ui in olie tot deurskynend en ligbruin in mediumgroote pot. Plaas hoenderstukke in pot en braai tot goudbruin en gaar (ongeveer 20 minute). Haal hoenderstukke uit pot en laat afkoel. Vlok hoenderstukke uitmekaar en verwyder alle bene en velle. Plaas hoenderstukkies terug in pot saam met die geweekte sago (vloeistof en al). Maak soppoeier aan met water en gooi by pot. Kook hoender en sago tot sago deurskynend is en hoender sag. Voeg sout, peper en hoenderspesery by hoender. Gooi meel op plank en rol blaardeeg daarop tot sowat 5 mm dik. Spuit 20 cm losboom koekpan deeglik met kleefwerende kossproei. Deel deeg in helfte en voer pan met een hefte van deeg uit. Skep vulsel in deeg en plaas oorblywende vel deeg bo-op. Verf deeg met geklitste eier en bak vir 30 - 45 minute of tot deeg goudbruin en gaar is. Laat effens afkoel. Haal pastei uit pan en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees