Vandag kuier SARIE-voorbladgesig 2017 se Yolani Abrahams by Herman Lensing op #DitProeSoosHuis. Saam maak hulle malvapoeding, hier is dit resep!

Malvapoeding

genoeg vir 6-8 

Beslag

  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml melk
  • 2 eiers
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 20 g (20 ml) botter, gesmelt
  • 200 g (355 ml) bruismeel
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 1 ml sout

Sous

  • 250 ml water
  • 250 ml room
  • 230 g (250 ml) botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 ºC. Spuit bak of broodpan met volume van 2 liter met kleefwerende kossproei. Meng koeksoda en melk saam. Voeg eiers, appelkooskonfyt en botter by en meng deeglik. Sif meel, strooisuiker en sout saam in groot mengbak en maak holte in middle van meel. Voeg nat bestanddele wat jy gemeng het by en roer goed saam tot gladde beslag. Gooi in voorbereide bak of holtes van pan. Plaas in warm oon en bak ongeveer 25-30 minute tot gaar. Sous terwyl poeding bak kook al die bestanddele vir die sous saam. Sodra poeding uit oond kom gooi sous oor en wag tot dit intrek. Sit louwarm voor met roomys en vanielje vla.