Inez se konfytvierkante

Dié resep kom van kosskrywer Errieda du Toit se ma, Inez.

genoeg vir 12-16

  • 2 eiers
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 225 g botter by kamertemperatuur
  • 560 g (1 000 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 400 g konfyt (appelkoos-, framboos-, bloubessie- of pruimkonfyt)
  • versiersuiker, vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan van 35 x 25 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits die eiers, suiker en botter tot romerig. Voeg die droë bestanddele en vanieljegeursel by en meng tot ’n stywe deeg. Verdeel die deeg en plaas helfte in die yskas vir 30 minute en druk die ander helfte eweredig op die boom van die voorbereide pan vas. Prik die deeg ’n paar keer met ’n vurk. Smeer konfyt in ’n dun, egalige laag oor die deeg. Rasper die res van die deeg oor die konfytlaag en versprei dit eweredig. Bak vir 30 minute of tot ligbruin. Sny dit in vingers of blokkies terwyl dit nog warm is en laat afkoel in die pan. Sif versiersuiker oor en plaas in lugdigte houer.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30