Dit proe soos huis: Episode 5 + Dean se suurlemoentert

akkreditasie
Herman Lensing bring hulde aan sy ma met sy nuwe kosprogram, Dit proe soos huis. Deur haar resepte probeer hy troos vind en herontdek die smake en geure van sy grootwordjare. Hy kook ook saam met ander bekendes wat hul onthou-stories en nostalgiese geregte deel. Hier deel ons die suurlemoentert uit episode 5.

Episode 5:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Dean Smith kuier in Episode 5 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

suurlemoentert
Suurlemoentert FOTO Skermgreep uit 'Dit proe soos huis'

Suurlemoentert

genoeg vir 1 tert 

  • 250 ml Orley Whip-room 
  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 x 200 g-pakkie tennisbeskuitjies

Klits room tot stywe punte vorm. Meng kondensmelk en suurlemoensap. Pak ’n laag koekies op bodem van tertbak. Vou room by kondensmelkmengsel in. Skep mengsel op koekies in bak en smeer gelyk.  Laat stol in yskas vir 2-3 uur. Verwyder koekpan en sit voor. 

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met

Heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees