Episode 7:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Die kosskrywer en TV-persoonlikheid Zola Nene kuier in Episode 7 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

Zola Nene se lamskerrie
Zola Nene se lamskerrie

Lamskerrie

Vir Zola proe haar grootwordhuis soos kerrie. Haar ma vertel dat jy die speserye lekker lank moet braai, dit moet amper begin brand voor jy die res van die bestanddele by gooi. Die kerrie is geurig!

genoeg vir 4 - 6

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, gesny in skywe
  • 15 ml knoffel-en-gemmerpasta
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 15 ml fyn koljander
  • 15 ml fyn komyn
  • 6 lamboudtjops met die been in, in stukke gesny
  • 4 tamaties, gekap
  • 250 ml beesaftreksel
  • 4 aartappels, geskil en kwarte gesny
  • Sout en varsgemaalde swratpeper
  • 1 hand vol vars koljander, gekap

Verhit olie tot warm oor matige hitte in groot pot met deksel wat styf op pot pas. Voeg uie by en roerbraai vir paar sekondes tot uie sag raak en begin verbruin. Voeg by die knoffel-en-gemmer-pasta, kerriepoeier, koljander en klomyn. Roerbraai vir paar minuut of twee. Voeg lamsblokkies by en braai tot blokkies met speserye bedek is. Sodra lamblokkies begin verbruin, voeg tamatie by en roer deur. Laat kook vir paar minute of tot vog uit tamaties begin wegkook, sowat 5-8 minute. Voeg aftreksel en aartappels by. Meng deur. Geur met sout en peper. Verlaag hitte en plaas deksel op pot. Laat stadig prut vir 45 minute of tot lam sag en gaar is. Verwyder van hitte en voeg vars koljander by. Bedien op rys.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met

Heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30