Episode 8:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Die koskenner Marinda Engelbrecht kuier in episode 8 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

Marinda suurlemoen-posset

Maak seker jy gebruik vars suurlemoensap, dis wat die room laat stol

genoeg vir 6

  • 500 ml room
  • 125 ml strooisuiker
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap van een suurlemoen

Maak room en strooisuiker warm in ’n pot. Kook vir 3 minute totdat die strooisuiker opgelos is. Laat effens afkoel en roer suurlemoen zest in. Roer suurlemoen sap in. Gooi uit in klein glasies Laat stol in yskas vir om en by 3 uur Bedien met bessies en kruisement-blaartjies.