Ons gesels met Gantane oor sy droom-gastelys, fudge en sy gunsteling-oomblik op die program.

KOS
Die akteur, Gantane Kusch. FOTO VIA
  

1. Wat was jou gunsteling-gereg as kind?

Ek weet nie of mens dit 'n gereg kan noem of nie, maar ek is baie mal oor fudge. Lekker karamel fudge. Dis probably nie 'n gereg nie (lag). As dit nou nie fudge is nie, dan jelly. Ek is baie mal oor jelly. 

2. Kook jy graag?

Ja, ek doen. Veral as ek op 'n streng dieët is, want dan is daar mos nou sekere dietary restrictions wat gevolg moet word. Ek is 'n praktiese kok, ek sal nie sê ek is like 'n bobaas kok nie. Vir my proe dit lekker en maak dit vol, dis al wat saak maak.  

3. As jy drie bekendes na jou tafel kan nooi vir ete, wie sal dit wees?

Moeilike enetjie, maar as ek drie mense na my tafel toe kan nooi om my praktiese kos te kom eet, sal dit Britse renjaer Lewis Hamilton, Amerikaanse sanger Teyana Taylor en aktrise Ilse Roos wees. Ek weet dis 'n weird lys. Natuurlik is daar meer mense wat ek sal wil nooi so dis nou my lysie vir die eerste ete. 

4. Wat was jou gunsteling-oomblik op die program? Het jy iets nuuts by Herman geleer?

Die hele konsep van die show! Om 'n driegangmaal in 'n mikrogolfoond te kan maak is vir ba boom boom boom. Ek het polenta vir die eerste keer geëet en dit was baie nice. Dis actually vir my 'n goeie replacement vir as ek lamskenkels met kapokaartappels moet maak. Die hele experience was vir my baie nice, veral omdat ek 'n praktiese kok is. 

5. Sal jy dit self aandurf om plaaskos in die mikrogolf te maak?

Yes, natuurlik sal ek. Ek hoef nie te sê hoekom nie so my antwoord is net ja. 

Blitsvrae met Gantane

Vrugte of groente? Groente 

Tuisgekookte maaltye of wegneemetes? Tuisgekookte maaltye

Vanielje of sjokolade? Sjokolade

Koffie of tee? Tee

Stad of strand? Stad? Stad? Strand. Ja, strand. 

Resep uit VIA-episode

Marokkaanse harira (lam-en-kekerertjie-sop)

KOS
FOTO VIA

Kekerertjies is ’n goedkoop manier om ’n vleissop te rek.

Genoeg vir 6 mense

  • 60 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 5 ml kaneel
  • 500 g lamsmaalvleis
  • 2 x 400 g-blikke tamaties
  • 50 g split-ertjies
  • 1 liter beesvleis-aftreksel
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol koljanderblare, fyngekap

1. Plaas die olyfolie in ’n bak en braai die uie vir 2 minute op hoog in die mikrogolf. Voeg die koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut.

2. Voeg die vleis by en mikrogolf op hoog vir 5 minute. Braai tot goudbruin. Voeg die tamaties, split-ertjies en aftreksel by. Mikrogolf vir 20 minute. Voeg die kekerertjies by en laat kook vir 5 minute. Geur goed met sout en peper.

3. Roer net voor ete die gekapte koljander by. As die sop te dik is, roer nog aftreksel by

Kry die episode se volledige resepte op VIA se amptelike blad - Klik hier