Ons gesels met Greta oor sjokolade, haar tyd op die program én haar besoek na België.
1. Is jy 'n sjokoladeliefhebber?
Oor die algemeen nie eintlik nie, maar as die craving my eenkeer in 'n bloumaan beetkry, hou ek nie terug nie.
2. Wat is jou gunsteling sjokoladegereg?
Niks kom by 'n klassieke brownie en roomys nie.
3. België is die land van sjokolade. Het jy al België besoek?
Ek was gelukkig genoeg om in 2005 daar 'n draai te maak en dis waar wat hulle sê, die sjokolade is uit die boonste rakke. My gunsteling-bederf was Belgiese pannekoek gevul met marzipan en warm sjokoladesous.
4. Wat was vir jou die lekkerste oomblik op die program? Het jy iets nuuts by Herman geleer?
Wat Herman so uniek maak is hoe toeganklik hy is as 'n koskenner. En om tyd saam met hom in die kombuis deur te bring laat 'n mens voel asof jy tot enigiets instaat is. Een van my hoogtepunte op die program was die springmielie-koek, wat 'n fabulous kombinasie.
5. Watse drie bestanddele het jy altyd in jou yskas/koskas?
Sojasous, hummus en bloubessies.
Lindt of Ferrero Rocher? Ferrero Rocher
Sal jy eerder Willy Wonka se Sjokoladefabriek wil besoek of Wonderland? Wonderland
Sjokolade of springmielies? Sjokolade
Berge of see? Dis 'n strikvraag.
Jou gunstelingfliek? Op die oomblik La cage aux folles
Resep uit Via-episode
Fees van sjokolade
Sjokolade-en-springmielietert
As daar iets is wat jou hart kan steel, is dit die kombinasie van sjokolade en springmielies. Wie kan nee sê hiervoor!
Lewer 1 tert
- 30 ml sonneblomolie
- 115 g springmieliepitte
- varsgemaalde seesout
- 200 g klapperkoekies (Tennis biscuits), fyngemaak
- 100 g botter, gesmelt
- 200 g donker sjokolade, fyngekap
- 180 ml room
- 40 g botter
1. Plaas die olie en pitte in groot mikrogolfbak met ’n deksel. Plaas op hoog in die mikrogolf en laat die pitte spring. Verwyder uit die mikrogolf en geur die mielies goed met seesout.
2. Meng die koekiekrummels en gesmelte botter saam tot die tekstuur van klam seesand. Spuit ’n losboom-tertpan van 20 cm goed met kossproei. Voer die pan uit met krummels.
3. Plaas die sjokolade, room en 40 g botter in ’n glasbak en mikrogolf op hoog vir 5 minute – roer elke 2 minute tot gesmelt. Gooi dit in die uitgevoerde pan en smeer gelyk.
4. Pak springmielies bo-op en laat stol 2 uur of oornag in die yskas. Haal uit die pan en sit voor.
Kry die episode se volledige resepte op VIA se amptelike blad - klik hier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET