Herman se mikro-geheime: Llandi oor burgers en Japan

akkreditasie
Vanaand skop die 8ste episode af van Herman Lensing, SARIE Kosredakteur, se VIA-program, Herman se mikro-geheime.

Die aktrise, Llandi Beeslaar, wat veral bekend is as die komieklike Mielie Senekal op Republiek van Zoid-Afrika, is Herman se spesiale gas op dié episode. En al lui die woorde in Phillip Vos se gedig: "Moenie 'n mielie kielie nie, want mielies kan nie lag nie," kán Llandi lag. Sy en Herman het behoorlik op die program geskaterlag terwyl Herman vir haar 'n spogete in die mikrogolf gekook het.

Ons gesels met haar.

FOTO Verskaf

1. Maak jy graag vir jouself kos?

Ja, ek love kosmaak. Dis seker my favourite hobby en een van my beperkte talente.  

2. Wat was vir jou die snaaksste oomblik saam met Herman op die program?

Ek lag altyd lekker saam met Herman, so ek kan nie sê dat daar net een snaaksse oomblik was wat vir my uitgestaan het nie. Ook, dit was al ’n rukkie terug so ek kan nie alles onthou nie. Maar ek lag elke elke keer wanneer hy ’n ui of ’n stukkie knoffel sy goeie vriendin noem. Ek kan myself nie help nie. 

3. As jy 'n gereg was, wat sou jy wees en hoekom?

’n Burger, want daar is ’n burger vir elke geleentheid. Dit kan lekker kommin wees of jy kan dit op zhuzh tot ’n gourmet burger. Daar is regtig ’n burger vir elke geleentheid, net soos daar ’n deel van my persoonlikheid vir elke geleentheid is. Of dis wat ek wil glo in elk geval.  

4. Speel saam: As geld of kooktalent nie 'n kwessie was nie, wat sal op jou spyskaart wees as jy vir jou geliefdes kon kook?

As dit iemand is vir wie ek lief is, altyd pasta. Vir mense wat nie so naby aan my is nie, sal ek waarskynlik iets fancy probeer om hulle te beïndruk. Maar as dit iemand baie na aan my hart is, altyd pasta. Altyd.  

5. As jy op 'n kulinêre reis na één land toe kan gaan, waarheen sal jy gaan?

Japan. Ek hou baie van die Ooste in die algemeen en al hulle kos. Ek het in Korea vir ’n ruk gebly en ek het nog nooit so lekker geëet in my lewe nie, so dit waarskynlik iewers in die Ooste wees.   

 

Blitsvrae met Llandi

Winter of somer? Winter

Botter of uie? Botter

Mexikaanse of Indiese kos? Mexikaans 

Tuis kook of by 'n restaurant eet? 50/50 Ek hou baie van kook, maar ek hou ook van Spur (lag) 

Skons of croissants? Croissants altyd. Dit maak my gelukkig. 

Resep uit VIA-episode

Pampoen-en-garnaalsop

Dis ’n ander weergawe van die klassieke Franse vissop bouillabaisse. Dit word tradisioneel met tamatie gemaak, maar ek maak dit hier met pampoen.

FOTO Verskaf

Genoeg vir 6 mense

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 500 g geskilde pampoen
  • 16 (sowat 200 g) steurgarnale, doppe verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper

1. Plaas die olyfolie, botter, ui en knoffel in ’n mikrogolfbestande glasbak. Mikrogolf op hoog vir 5-8 minute of tot die ui deursigtig is.

2. Voeg die res van die bestanddele, buiten die garnale, by. Plaas terug in die mikrogolfoond. Mikrogolf verder op hoog vir 12-15 minute of tot die pampoen sag en gaar is.

3. Maak dit met ’n staafmenger fyn tot ’n gladde mengsel.

4. Plaas die garnale in die sop en mikrogolf die mengsel 5 minute lank op hoog in die mikrogolfoond. Geur goed met sout en peper en sit voor.

Wenk: As jy nie skulpvis kan eet nie, vervang die garnale met stukkies wit vis.

Kry die episode se volledige resepte op VIA se amptelik webtuiste - klik hier

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees