Ons gesels met Zoë oor 'n laatonbyt-spyskaart en watter bekende sy na haar ontbyttafel sal nooi. 

KOS
Radio-omroeper en TV-aanbieder Zoë Brown. FOTO VIA

1. Is jy lief vir ’n laatonbyt?  

Ek is mal daaroor. Dis my gunsteling maaltyd!

2. Wat is gewoonlik op jou spyskaart vir laatonbyt? 

Ek is mal oor flapjacks met spek, stroop en bessies!

3. Jy kan een bekende na jou laatonbyt toe nooi. Wie is dit en hoekom? 

Henry Cavill. Hy is net te aantreklik vir my...

4. Een of twee wenke as jy gaste vir ontbyt kry?

Berei soveel as moontlik voor, voor jou gaste opdaag, sodat jy meer tyd saam met hulle kan spandeer. En kies 'n spyskaart wat maklik is, en wat ook koud geëet kan word. 

5. Watter gereg uit die program was jou gunsteling? 

Die geposjeerde eiers met die hollandaise-sous. Ek kan nie glo hoe maklik dit was om in die mikrogolfoond te gemaak het nie.

6. Sal jy jou volgende brunch in die mikrogolf aandurf?  

Natuurlik!

Blitsvrae met Zoë

Laatontbyt of aandete? Laatontbyt

Mimosas of rooiwyn? Mimosas

Radio of TV? Kan nie kies nie. 

Roereier of geposjeerde eier? Geposjeerde eier

Nutella of grondboontjiebotter? Grondboontjiebotter

Resep uit VIA-episode

Bircher-muesli met karamelsous

KOS
FOTO VIA


Dit is muesli wat eers ’n bietjie gestaan en week het.

Genoeg vir 6-8 mense

Muesli

  • 2 groen appels
  • 210 g hawermout
  • 250 ml lemoensap
  • 80 ml heuning
  • 500 ml natuurlike jogurt
  • 100 g neute van jou keuse, gekap
  • vars vrugte vir voorsit

Karamelsous

  • 200 g suiker
  • 30 ml gouestroop
  • 30 ml water
  • 125 ml room
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel

1. MUESLI: Rasper die appels met skil en al op die growwe kant van die rasper. Plaas die hawermout in ’n mengbak en voeg die appels en lemoensap by. Meng deur en laat staan 20 minute.

2. KARAMELSOUS: Plaas die suiker, stroop en water in ’n bak en mikrogolf op hoog tot goue karamel vorm. Verwyder uit die mikrogolf en voeg room, botter en vanielje by. Roer tot ’n gladde sous vorm.

3. Voeg heuning by die muesli en meng deur. Roer die jogurt deur. Skep in bakkies. Skep lepels vol karamel oor. Sprinkel neute oor en sit voor met vars vrugte.

Kry die episode se volledige resepte op VIA se amptelike blad - klik hier