Tsoenami, wat? Tsoenami-koeke, ook bekend as die “pull-me-up”-koek, bestaan uit ’n dekadente koek met vloeibare versiersel, wat soos ’n waterval langs die kante afloop. Dis ’n fees vir die oog en smaakknoppies!

Hierdie nuwe neiging sal enige soettand se hart verbly en dit is boonop maklik om self te maak. 

KOS
FOTO Unsplash

Hoe werk dit?

Sodra jou koek afgekoel het, draai ’n stuk asetaat (acetate cake collar) om die koek dat dit lyk soos ’n buis. Vul dan die binnekant van die buis op met vloeibare versiersel, sjokolade-ganache is veral ook ’n lekker opsie. Trek dan die buis op en laat die versiersel oor die koek loop. 

Só lyk dit op die kuberruim:

 Maar wees nie bevrees nie, dié tendens is nie net vir kinders nie.

Die Tsoenami-koek is nie die enigste een wat onlangs opslae op die kuberruim gemaak het nie. Hierdie vier koeke het ook soos ’n veldbrand op sosiale media versprei:

1. Geverfde botterrroomblomkoek

2. Marmerkoek

3. Oreo-koppiekoek 

4. Verrassingkoek