Hier is die resep wat jou kinders se harte sal verbly.  

Bestanddele

  • ’n handvol donkersjokolade
  • ’n teelepel kakaopoeier
  • 250 ml melk
  • geklopte room (gebruik sommer die in die blik)
  • ’n hand vol speckled eggs vir versiering
  • 2 klein sjokolade-Paashase vir versiering
  • ekstra kakao om oor te strooi

Metode

Warm die melk in ’n klein kastrol op die stoofplaat op. Voeg die blokkies sjokolade en kakaopoeier by die melk, sodra dit lekker warm is (die melk moenie kook nie) en roer tot gesmelt. Haal die warmsjokolade van die plaat af en gooi in ’n beker. Versier met geklopte room en voeg ’n handvol speckled eggs en die sjokolade-Paashase by. Sif kakao oor oor. Bedien dadelik.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman