Bestanddele

  • 2 klein Snickers-stafies
  • ys
  • 250 ml koffie van jou keuse
  • ruim skeut melk (opsioneel)
  • 2 teeleepels kitskoffie
  • 2 eetelepels suiker
  • 2 eetlepels warm water 
KOS
FOTO Marzanne Schoeman

Metode

Kap een Snickers-stafie op in klein blokkies en gooi dit in die bodem van die glas. Vul die glas met ysblokkies en gooi die koffie bo-oor. As jy lief is vir melk by jou koffie, voeg ’n ruim skeut by. Ons het die melk in hierdie resep weggelaat. Klits dan die kitskoffie, suiker en warm water saam tot dit sagte punte vorm en skep bo-op die yskoffie. Versier die koffie met ’n paar ekstra Snickers-blokkies. Roer die koffie met die skuim en sjokolade en geniet dadelik.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman