Ons het ’n pak klein stroopwafels by Woolworths gekoop en saam met ’n bietjie karamelstroop, het ons ’n heerlike, stroopsoet warmsjokolade gemaak. 

Hier is die resep:

Bestanddele

  • 15 ml soutkaramelstroop (kan vervang word met gewone karamelstroop)
  • ’n hand vol donkersjokolade
  • 250 ml melk
  • geklopte room (gebruik sommer die in die blik)
  • ’n paar klein wit malvalekkers vir versiering
  • 3 klein stroopwafels vir versiering
  • ekstra soutkaramelstroop

Metode

1. Gooi ’n skeut soutkaramelstroop in die bodem van die glas. Afhangende van hoe dik die stroop is, kan jy dit ook teen die kante van die glas laat afloop.

2. Warm die melk in ’n klein kastrol op die stoofplaat op. Voeg die blokkies sjokolade by die melk sodra dit lekker warm is (die melk moenie kook nie) en roer tot gesmelt. Haal die warmsjokolade van die plaat af en gooi in glas.

3. Versier met geklopte room en voeg ’n handvol malvalekkers by. Maak gleufies in die stroopwafels sodat hulle aan die rand van die glas kan hak.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman

Wenk (vir die grootmense)

Gee jou stroopwafel-warmsjokolade 'n lekker skop deur die soutkaramelstroop met karamel-likeur van jou keuse te vervang.  

Koop dit nou

Op soek na hierdie lekker bestanddele? Ons wys jou waar jy dit kan koop.

Mini Stroopwafels

Die mini stroopwafels is beskikbaar by Woolworths. 

Klik hier om dit te koop. 

Nettari Himalaja soutkaramelstroop

Klik hier om dit te koop.

Geklopte room

Die geklopte room in 'n blik wat ons gebruik is van Pick n Pay.

Klik hier om dit te koop.