Ons is seker Italianers regoor die wêreld sidder, want ja, jy lees reg. Die nuuste bros en krakerige peuselhappie word van pasta gemaak.

So skuif vir eers jou aartappelskyfies en patattjips opsy. Mi dispiace, Italia!

View this post on Instagram

A post shared by Stephanie Manzinali (@that.veganbabe)

Hier is die basiese resep:

Bestanddele

  • Enige kort pasta van jou keuse (macaroni, penne of farfalle-pasta, beter bekend in Afrikaans as strikkie-pasta, is ’n goeie opsie) – die hoeveelheid sal afhang van hoe groot jou lugbraaier is.
  • 1 teelepel olyfolie
  • parmesaankaas om oor te strooi
  • speserye van jou keuse (oreganum, knoffelvlokkies en 'n knippie brandrissievlokkies is 'n lekker kombinasie) 
  • dip van jou keuse

 Metode 

1. Kook pasta volgens aanwysings op die pak. Dreineer pasta.

2. Voeg die olyfolie, parmesaankaas en speserye by en kombineer goed.

3. Sit die pasta in 'n lugbraaier en braai tot goud en bros (onthou om af en toe die mandjie te skud).

4. Laat die pasta-tjips effens afkoel en bedien saam met dip.

Sal jy dit probeer? 

Bronne:

https://www.cnet.com/how-to/pasta-chips-this-crispy-satisfying-tiktok-snack-is-stunningly-easy-to-make/

https://feelgoodfoodie.net/recipe/pasta-chips/