book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2019

30 minute: Tuna-cannelloni-pasta

akkreditasie
Tuna-cannelloni-pasta FOTO Willem Lourens
Tuna-cannelloni-pasta FOTO Willem Lourens
Die pastabuise is oral beskikbaar op supermarkte se pastarak. Maak dit die aand voor die tyd en bak wanneer jy by die huis kom.

genoeg vir 4

Verhit oond tot 220 °C. Meng 3 x 170 g-blikke tuna wat gedreineer is met 2 gekapte knoffelhuisies, 250 g vars ricotta-kaas en gerasperde skil van 2 suurlemoene. Geur baie goed met sout en peper. Vul 24 cannelloni-pastabuise met die vulsel. Pak in oondbraaibak en gooi 500 ml room oor. Rasper 300 g mozzarella-kaas en sprinkel oor. Bak 15-20 minute of tot pasta sag en gaar is as jy vurk insteek. Sit voor met vars kruie. 

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees