Oondgebakte soetpatats

akkreditasie
Oondgebakte soetpatats
Oondgebakte soetpatats
Dis die lui manier van patats maak - terwyl jy agteroorsit en ontspan.

(4 porsies)

  • 1 kg patats, in skywe gesny (met skil)
  • 35 g (60 ml) botter
  • 50 g (60 ml) suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • sout na smaak
  • 60 ml water

Verhit oond tot 200 °C. Plaas gesnyde patats in 'n oondbak. Stip met botter. Gooi suiker en kaneel oor en geur met sout. Gooi water oor en bedek met tinfoelie. Plaas in warm oond vir sowat 45 minute. Haal foelie af en bak verder vir sowat 30 minute tot sag.

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees